Veranderlike

In rekenaarwetenskap en wiskunde is 'n veranderlike 'n simboliese verteenwoordiging wat op 'n hoeveelheid of uitdrukking dui. In wiskunde word 'n veranderlike dikwels gebruik om 'n "onbekende" hoeveelheid aan te dui wat die vermoë het om te verander; in rekenaarwetenskap verteenwoordig dit 'n plek waar 'n waarde gestoor kan word. Veranderlikes staan dikwels in teenstelling met konstantes wat bekende waardes het en onveranderlik is.

Die begrip het 'n soortgelyke betekenis in die fisiese wetenskappe en ingenieurswese: 'n veranderlike is 'n hoeveelheid waarvan die waarde tydens die verloop van 'n eksperiment (insluitende simulasies) kan verander, by verskillende monsters of tydens die bedryf van 'n stelsel. Veranderlikes word onderskei van parameters, alhoewel 'n veranderlike in een konteks, as 'n parameter in 'n ander konteks gesien kan word.

In toegepaste statistiek is 'n veranderlike 'n meetbare faktor, eienskap of kenmerk van 'n indiwidu of 'n sntelsel—met ander woorde, iets wat verwag kan word om te varieer met tyd of tussen indiwidue. Lukrake veranderlikes is 'n idealisering hiervan in wiskundige statistiek, waar hulle gedefinieer word as meetbare funksies van 'n waarskynlikheidsruimte na 'n meetbare ruimte.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search